Dis waar jy wil wees

Gauteng Proteafees in samewerking met kykNet GAUTENG

PROTEAFEES


24-27 April 2021

gedek deur Gauteng Proteafees gedek deur MTN

Proteafees-LegendsMX 2020

KOM SOMMER ELKE DAG!

Spaar nog meer met 'n 3-dag kaartjie vir hope plesier!


Koop aanlyn en spaar

By die Proteafees is ons hooffokus die lieflike proteablomme van ons eie plaaslike boer, Japie van Staden, wat regstaan met raad as jy jou eie proteaboom wil plant. Inderdaad kan proteas ook hier gekweek word!

Die opelug verhoog sorg vir vermaak aan die feesgangers deur top kunstenaars, terwyl daar heerlik gesmul kan word aan tradisionele eetgoed soos vetkoek, kerrie en rys, pannekoek, worsbroodjies, melkkos, pap en kaiings, poedings, hamburgers en nog meer.

Die Wyntuin (oop elke dag) en Biertuin (oop elke dag behalwe Sondag eers vanaf 11h00) bied verversings vir droë kele.

Geniet ‘n verskeidenheid van gehalte kunsmark stalletjies wat beloof om in elke feesganger se smaak te val. Mammas kan hul kleingoed in ‘n veilige kinder speelarea onder toesig laat terwyl hulle rustig deur die stalletjies stap of ‘n teater vertoning bywoon.

Bespreek jou sitplek vir onvergeetlike teater genot betyds teen ‘n minimale bedrag.
Koop jou toegangskaartjies aanlyn of by die toegangshek by die fees. Moet die fees nie misloop nie!

Op die verhoog

Die opelug verhoog sorg vir vermaak aan die feesgangers deur top kunstenaars.

Proteafees-LegendsMX 2020

Kos en Lekkernye

Daar kan heerlik gesmul word aan tradisionele eetgoed soos vetkoek, kerrie en rys, pannekoek, worsbroodjies, melkkos, pap en kaiings, poedings, hamburgers en nog meer.

Proteafees-LegendsMX 2020

Bier-en Wyntuin

Die Wyntuin (oop elke dag) en Biertuin (oop elke dag behalwe Sondag eers vanaf 11h00) bied verversings vir droë kele. Ervaar Zoerdoef se nostalgiese granadilla drankies.

Proteafees-LegendsMX 2020

Proteas

Oom Japie van Doornkraal Proteas bied onder andere 300 van die skaarse Wit Koning Protea plante aan. Daar is ook
30 000 verskeidenheid proteablomme, en 1 000 protea plante te koop.


Proteafees-LegendsMX 2020

Vetplant

'n Versamelaars droom, Crous Cactus bring oor die 3 000 variante! Jy kan kies en keur uit 60 000 plantjies om jou versameling ook vet uit te bou.


Proteafees-LegendsMX 2020

Varings & Bromelias

Fernhaven stel bekend eerste in Suid Afrika 'Cyathea meddularis' - die swart boomvaring vir versamelaars & konneseurs.


Proteafees-LegendsMX 2020

Rose

Barry van Schubert Rose bied sy rose teen groothandel pryse aan.


Proteafees-LegendsMX 2020

'Beast of the East'

‘n Fietsren word gewen deur die ruiter wat die meeste kan ly... 100 km of 45 km Aangebied deur: Francois Theron!

skryf in

Proteafees-LegendsMX 2020

Gauteng Noord Landloop

Hou bene hou... Liga 2- Gauteng Noord Kwalifiseringswedloop.

Proteafees-LegendsMX 2020

MX Resies

Vir meer inligting hou die spasie dop...

Proteafees-LegendsMX 2020

Uithou Ritte

Jy kan ‘n perd na die water lei, maar jy kan hom nie maak drink nie… Tensy hy baie moeg en dors is!!! Skryf in vir ons uithourit of kom kyk wie dra vir wie.

Proteafees-LegendsMX 2020

4 x 4 Uitdaging

‘n 4x4 is mos gebou om te hou… Vir die petroljunkies wat daarvan hou om die perke van ‘n 4x4 voertuig uit te daag. Skryf in vir ons Kompetisie en wen groot pryse!

Proteafees-LegendsMX 2020

Vliegritte

Skiet die hoogtes in en vlieg saam met Legends Sky... Verken die omliggende gebiede Rayton, Cullinan vanuit die lug. Bespreek op die dag of

Kontak Legend Sky
  • Aanloopbaan: 08:00, 12:00, 14:00
  • Proteafees-LegendsMX 2020

    GTR Renjaag

    As alles onder beheer lyk, gaan jy nie vinnig genoeg nie... Vir die wat met ‘n angswekkende spoed die aanloopbaan wil op en af jaag.


  • Aanloopbaan: 10:00 &12:00

  • Proteafees-LegendsMX 2020

    Fly-In

    Wie wil ry as jy kan vlieg... Kom kuier by die fees en land met jou persoonlike vliegtuig. Bespreek jou plek by:

    Legend Sky

  • Aanloopbaan: 08:00, 12:00, 14:00
  • Proteafees-LegendsMX 2020

    Veilige Kinderarea

    Ouerskap is ‘n lewenslange werk… Vat ‘n blaaskans en laat ons na jou kind omsien.


    Proteafees-LegendsMX 2020

    Kinder Pretpark

    Die beste ding wat jy vir jou kinders kan doen is… gee vir hulle baie tokens! Verskeidenheid vir oud en jonk, kort of lank.

    Proteafees-LegendsMX 2020

    Diereplaas

    Vet pret op die plaas… Verken die plaas diere en leer wat elkeen eet.


    Proteafees-LegendsMX 2020

    Kameel Ritte

    Ek sien kamele… pak die langpad aan op ‘n kameel, as jy die heeldag tyd het.

    Proteafees-LegendsMX 2020

    Teater

    Toneel kyk en wyn drink is ook ‘n sport... Teaterstukke deur bekende Suid-Afrikaanse akteurs / aktrises in ons 100 sitplek teater. Koop jou kaartjies by die deur.


    Proteafees-LegendsMX 2020

    Potjiekos Kompetisie

    Ben Kruger daag alweer die hele wêreld uit vir die maak van die beste pot. Miskien wil Riaan sy titel kom verdedig.

  • Skryf aanlyn in @ R250 per pot!
  • skryf in

    Proteafees-LegendsMX 2020

    Klassieke Karre

    Elke ou kar het ‘n storie… Kom parkeer jou kar en vertel jou storie.

    Proteafees-LegendsMX 2020

    Slange

    Daar’s ‘n slang in die gras… Letterlik! Kom verken verskillende spesies slange en reptiele.

    Proteafees-LegendsMX 2020

    Kunsmark

    Geniet 'n verskeidenheid van gehalte kunsmark stalletjies wat beloof om in elke feesganger se smaak te val. Indien jy oorspronklike en unieke produkte van goeie gehalte wil uitstal kontak Rochelle vir 'n skaduryke kunsmarkstalletjie.

    Stalletjies Aansoek Vorm


    Proteafees-LegendsMX 2020

    Kampering

    Vir die wat nie wil vêr ry nie, kampeer op die drumpel van die Proteafees feesterrein, net buite Pretoria. Stortgeriewe in pragtige ablusieblok is beskikbaar, maar jy moet jou eie skottelgoedskotteltjie saam piekel.

    Bespreek Kampering

    Kontak ons

    Vir stalletjie besprekings kontak ROCHELLE by rochelle@proteafees.com

    Vir borgdeelname & optredes kontak JACO by bemarking@proteafees.com


    MX Legends, R 515, Donkehoek, Pretoria

    GPS Koordinate S25 49,890. E28 32,333

    -->

    Copyright © 2020 Proteafees